Luister nou na Frans Kook

 

 

 

 

 

 

 

Jou Radio logo

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Waterberg Stereo

 

 

 

 

Hartlik welkom by FRANS KOOK! 

Ek was nog maar altyd so ‘n bietjie van ‘n amateur kok wat eksperimenteer met kos. Kosmaak is vir my ontspanning. Ek kan byvoorbeeld glad nie kosmaak as ek nie ‘n lekker bottel yskoue Sauvignon Blanc oopgemaak het nie en dit hier neffens my het nie. Kosmaak is vir my totale ontspanning en as ek kosmaak vergeet ek totaal van alle goed wat my pla. Hannelie, my vrou, en Lindiwe, ons staatmaker in die huis, sê hulle kan dit sien, want hulle moet na my kosmaak ekspedisie, omtrent die kombuis laat skrop soos ek kos gemaak het.
Kosmaak is vir my ‘n totale sosiale affêre. Ek kan nie vir my alleen kos maak nie. Nee man, dan gooi ek sommer ‘n stuk polonie op ‘n snytjie vars brood. Mense moet kom aansit! (Kyk ek is ‘n “sucker” vir ‘n lekker aansitete. Dis asof mens dan net lekkerder kuier!) Ons moet die kos bespreek. Ons moet wyn drink. Ons moet nog inskep. En ons moet kuier en gesels! Veral kuier.
Ek saai al my hele lewe lank uit. My tande geslyp by die destydse Springbok Radio. Met mentors Lance James en Fanus Rautenbach. Drama studeer by die Akademie vir Dramakuns (ADK) onder leiding van my mentor, juffrou Aletta Gericke. Honneursgraad verwerf in Kommunikasiekunde en Afrikaans/Nederlands by UNISA. Daarna by die ou Afrikaanse diens (nou RSG) en toe vir die afgelope 20 jaar by Oos-Rand Stereo. Dit was daarom net ‘n natuurlike uitvloeisel dat ek kos en radio sou “pair” – soos mens deesdae wyn en kos “pair”. My goeie vriend, Bennie Howard, ons wynmeester op Frans Kook, het ‘n mooi Afrikaanse woord vir “pairing” geskep – pasmaats. Is dit nou nie te lekker nie!
Radio bly vir my die bobaas van alle media. Seker omdat radio so totaal onmiddellik is en omdat radio die teater van jou gedagtes is. Juis daarom is ons baie opgewonde oor FRANS KOOK! landwyd op verskeie radiostasies. Lekker man! Ons spyskaart is opwindend:

  • Maandae maak ek ‘n lekker kitskosgereggie – mens is mos nie lus vir lank kook op ‘n Maandag en na die naweek se doodeet nie.
  • Dinsdae kom ‘n bekende ateljee toe en deel sy/ haar resep met ons.
  • Woensdae gee ek vir julle die resep van my gunsteling gereg van die week
  • Donderdae kom wynmeester en koskenner, Bennie Howard aan die beurt
  • Vrydae gee een van ons luisteraars sy/ haar resep
  • Saterdae braai ons! Hoe dan nou anders?


Ons is baie bevoorreg om reeds op 19 radiostasies FRANS KOOK! uit te saai. Baie dankie aan:

  • 247 Stereo(www.247stereo.co.za)
  • Bok Radio 98.9FM
  • Caledon 89.3FM & 99.3FM
  • Coastal Radio SA
  • Die Strandloper
  • Hoza Radio (www.hosaradio.com)
  • Impala Radio (www.impalaradio.org)
  • Jou Radio 91.0FM
  • Kosmos Stereo 99.3FM
  • Lara FM 91.6FM
  • Overvaal Stereo 96.1FM
  • Passion FM 
  • Perron 95.1FM
  • Radio Kragbron 93.1FM
  • Radio Laeveld 100.5FM
  • Radio Riverside
  • Radio X5 Stereo (www.radiox5.co.za)
  • Sabie Stereo (www.sabiestereo.co.za)
  • Waterberg Stereo 104.9FM

Ons gaan saam kook hier by FRANS KOOK!, maar veral ook lekker saam gesels. Gaan LIKE ons op Facebook by FRANS KOOK! en stuur gerus vir ons ‘n epos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. Stuur ook jou gunsteling resep vir ons aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.


Hoe om af te laai: regs kliek op die reseptekaart, en kliek SAVE AS, en dan stoor jy die resepkaart direk op jou rekenaar.
Baie welkom by FRANS KOOK!


Groete
Frans Swart


Hier is hierdie week se resepte.

DUITSE AARTAPPELSOP

GRIEKSE LAMSTJOPS

 PAVLOVA

            lees meer

             lees meer

                  lees meer

 

BENNIE HOWARD - WYN & KOS KENNER

MALVAPOEDING

VLAMGEROOSTERDE KRUISSKYF

 

      lees meer

             

Soek jou resep

Borge

 

Stuur jou gunsteling resep vir ons