2 Heel eende

½ Koppie bruinsuiker

½ Koppie seesout

750g Aarbeie

280g Strooisuiker

Sap van ‘n halwe suurlemoen

25ml Grofgemaalde swartpeper

Knippie Sout

Suikeramandel:

1 Koppie witsuiker

½ Koppie heel Amandelneuete; liggies gerooster

  1. Plaas die eende in ‘n groot bak en bedek met koue water;
  2. Voeg die bruinsuiker en seesout by, en meng goed;
  3. Laat die eende vir vir tot vuf ure in die mengsels mariner, of vir die beste resultate, marineer oornag;
  4. Voorverhit die oond tot 160°C;
  5. Plaas die eende in ‘n diep braaipan, borskant na bo, en braai vir een uur en 15minute of totdat die eend deurgaar is, met ‘n ligte goudbruin kleur;
  6. Verlaag die oondtemepratuur tot 140°C;
  7. Plaas die aarbeie in ‘n braaipan en strooi die strooisuiker, suurlemoensap, grofgeaalde peper en knippie sout bo-oor die aarbeie, en braai in die oond vir 35 tot 40 minute, totdat die aarbeie effens verrimpeld is.  Verwyder uit die oond en sit eenkant;
  8. Om die suikeramandel te maak, smelt die witsuiker in ‘n souspan en smelt stadig totdat die suiker begin karamelliseer;
  9. Roer ligweg en wanner de gesmelte suiker ‘n goue kleur begin kry, gooi dit uit op waspapier en strooi die amandels bo-oor;
  10. Wanneer die suikeramandel afgekoel het, breek dit rofweg in stukke;
  11. Bedien die gereg met die aarbei-sous wat bo-oor die eende gegooi word met stukke suikeramandel bo-op.
  12. Bedien ses tot agt persone.

Soek jou resep