400g Eendlewer

Olyfolie

Suiker (opsioneel)

Sout en peper na smaak.

20g Botter

2 x Sjalot-uie, opgesny

50ml whiskey

120ml Hoenderaftreksel

75g Dubbelroom

Paar snye brood

2 eetlepels elk Pietersiele en grasuie, fyn opgekerf en suurlemoensap.

  1. Geur die eendlewer met sout en peper, en braai dit in die olyfolie tot dit so effens bruin is aan die buitekant.  Die moet nie deurgaar wees nie!  Indien jy verkies, braai die suiker saam om dit te karameliseer.
  2. Haal die eendlewer uit die pan en hou warm.  In dieselfde pan, braai die sjalotuie in die botter totdat dit sag is, maar nie heeltemal bruin gebraai nie.
  3. Gooi die whiskey by en verminder die hitte.  Kook totdat di tamper droog is.
  4. Gooi dan die hoenderaftreksel by, en prut vir so rukkie.
  5. Gooi die dubbelroom by en prut totdat die sous lekker dik begin word.  Proe en gooi nog sout by indien nodig.
  6. Sny die skorsies van die brood af, en braai dit in ‘n aparte pan in ‘n bietjie botter aan albei kante tot goudbruin.
  7. Sit vir elke persoon ‘n broodjie in sy bord en skep die eendlewer bo-op die brood, en skep dan die whiskey-sous bo-oor die lewer.
  8. Garneer met pietersiele, grasuie en suurlemoensap.

Soek jou resep