Luister nou na Frans Kook

 

 

 

 

 

 

 

Jou Radio logo

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Waterberg Stereo

 

 

 

 

1 kg aartappels;

1 groot ui;

750 ml water;

7 ml sout;

300 g growwe mieliemeel (500 ml);

125 g botter;

200 ml warm hoenderaftreksel.

  1. Skil en sny aartappels in agtstes en kap die ui fyn.
  2. Plaas in 'n diep bak en voeg water en sout by.
  3. Bedek en mikrogolf vir 20 minute.  Roer af en toe.
  4. Roer mieliemeel by aartappelmengsel.
  5. Bedek en mikrogolf vir nog 20 minute.  Roer dit ná die eerste  10 min.
  6. Werk die botter met 'n aartappelfynmaker by die  aartappelmengsel in en druk die mengsel terselfdertyd fyn.
  7. Voeg die  hoenderaftreksel by en meng.
  8. Bedek en mikrogolf aartappelpap 4 - 5 minute tot deurwarm. Laat staan 'n paar minute voordat  jy dit voorsit.

Soek jou resep

Borge

 

Stuur jou gunsteling resep vir ons