Luister nou na Frans Kook

 

 

 

 

 

 

 

Jou Radio logo

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Waterberg Stereo

 

 

 

 

30 ml olyfolie

2 uie, baie fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyn gekap

500 g beesmaalvleis

1 x 410 g blik tamatiepuree

30 ml tamatiepasta

180 ml beesvleisaftreksel

Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Kaassous

80 g botter

80 ml koekmeel

750 ml volroommelk

Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

125 ml gerasperde cheddarkaas

8-10 voorbereide pannekoeke

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Verhit die olyfolie in ’n groot pot en braai die uie en knoffel tot sag.
  3. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin.
  4. Voeg die tamatiepuree, -pasta, aftreksel, sout en peper by en verhit tot kookpunt.
  5. Prut tot goed afgekook.
  6. Vir die kaassous: Smelt die botter in ’n pot en voeg die meel by.
  7. Verhit tot dit borrel en voeg die melk bietjie vir bietjie by, terwyl aanhoudend geroer word.
  8. Verhit tot kookpunt en prut, terwyl geroer word, vir 2-3 minute.
  9. Geur na smaak.
  10. Verwyder van die hitte en roer die kaas by.
  11. Skep ’n groot porsie van die maalvleisvulsel in die middel van elke pannekoek en rol toe.
  12. Pak die gevulde pannekoek in ’n gesmeerde oondbak en skep die kaassous oor.
  13. Bak vir 30 minute tot goudbruin.
  14. Sit voor met ’n groen slaai.

Soek jou resep

Borge

 

Stuur jou gunsteling resep vir ons