Ses tot agt lekker mediumgrootte aartappels

2 Eetlepels Olyfolie

1 Eetlepel Botter

1 Blik Ingedampte melk (Ideal Milk)

Fyngedrukste knoffel na smaak

Sout, peper, en Aromat

  1. Skil jou aartappels en sny dit in blokkies soos jy sou doen vir ‘n Aartappelslaai, en kook tot amper sag.
  2. Smelt die botter, olie en knoffel saam in ‘n braaipan.
  3. Geur aartappels met sout, peper en Aromat.
  4. Braai in bottermengsel tot goudbruin en voeg dan die ingedampte melk by.
  5. Stel die hitte af tot laag, laat prut en roer af en toe tot dit lekker dik en romerig is.