Luister nou na Frans Kook

 

 

 

 

 

 

 

Jou Radio logo

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Waterberg Stereo

 

 

 

 

2,5 kg Beesskenkels, mooi skoongemaak

1 Beespoot, mooi skoongemaak

2 Varkpote, mooi skoongemaak

4 Lourierblare

20 Peperkorrels

3 Groot knoffelhuisies, gekneus en geskil

3 Groot uie, opgegekap

30 ml Olie

50 ml Kerriepoeier

375 ml Asyn

Gemaalde peper na smaak

10 ml Koljander

20 ml Sout

10 ml Borrie

30 ml Sagte bruinsuiker

30 ml appelkooskonfyt

  1. Plaas die skenkels en pote in 'n groot kastrol, bedek met koue waster en verhit tot kookpunt.
  2. Blansjeer die vleis en pote vir drie minute, verwyder en druk droog.  Vir die wat nie weet nie, die definisie van blansjeer is om groente of vrugte in kookwater te dompel om die vel los te maak.  Gooi die blansjeer-water weg.
  3. Skep die vleis en pote in 'n groot kastrol en bedek met koue water.
  4. Voeg lourierblare, peperkorrels en knoffel by.
  5. Verhit tot kookpunt, verlaag hitte, bedek en prut 3 tot 4 uur of totdat alles lekker sag is.
  6. Laat afkoel, skep vleis en pote uit en laat koud word.  Behou die vloeistof.
  7. Braai uie in olie tot sag en deurskynend, maar nie bruin nie.
  8. Strooi kerriepoeier bo-oor en roerbraai vir so 2 tot 3 minute.
  9. Voeg asyn bietjie vir bietjie by sodra dit lyk of die kerriepoeier wil aanbrand. Roer elke keer goed deur. Voeg die res van die bestanddele by, verhit tot kookpunt, verlaag hitte en prut 5 minute lank.
  10. Verwyder die bene, sny die vleis kleiner of kap of maal dit fyn, na gelang van hoe grof of fyn jy van jou sult hou.
  11. Skep die vleis by die kerriemengsel en voeg van die behoue vloeistof, waarin die vleis gekook is, by sodat die vleis net-net met vloeistof bedek is.
  12. Prut een uur lank en roer af en toe deur. Indien nodig, kan nog van die behoue vloeistof bygevoeg word.
  13. Giet die mengsel in 'n ge-oliede vorm, bedek met kleefplastiek en bêre in die yskas om te stol.  Keer die sult uit en sny dit in skywe.

Soek jou resep

Borge

 

Stuur jou gunsteling resep vir ons