1kg Appelliefies

750g Suiker

125ml Water

20ml Suurlemoensap

  1. Trek die doppies en stingeltjies van die appelliefies af.
  2. Spoel vrugte af.
  3. Plaas suiker, appelliefies, water en suurlemoensap in ‘n groot genoeg kastrol.
  4. Kook vrugte oor lae hitte totdat dit soos konfyt begin lyk.
  5. Roer a fen toe om suiker op te los.
  6. Skep oortollige skuim wat gedurende die kook tyd gevorm het, af.
  7. Toets die konfyt om te sien of dit styf genoeg is.
  8. Skep in warmgesteriliseerde flesse en verseel dit onmiddellik terwyl dit nog warm is.

Soek jou resep