300 g aarbeie
250 ml / 240 g suiker
2 suurlemoenskywe, met skil en wit

  1. Plaas solank 'n piering in die vrieskas om die konfyt later mee te toets.
    Sny die stingels en enige slegte plekke uit die aarbeie uit.
  2. As hulle klein is, halveer dit, terwyl die groot aarbeie in kwarte gesny moet word.
  3. Dit moet 300 g weeg, nádat jy al die uitsny- knipwerk gedoen het.
  4. Druk ongeveer die helfte van die aarbeie met 'n vurk fyn.
    Sny twee kante van die suurlemoen oor die lente reguit af – ongeveer 'n half-sentimeter breed - sodat jy 'n stuk kry met baie skil en wit, maar min vesels.
    Meng die aarbeie, suiker en suurlemoenstukke in 'n klein kastrol.
  5. Laat die suiker oor 'n lae hitte smelt.
  6. Bring tot kookpunt – die suiker moet heeltemal gesmelt wees voor dit kook.
  7. Dit moet vinnig kook – al borrelend.
  8. Haal die konfyt na 5 minute van die hitte af.
  9. Vat 'n teelepel vol en gooi dit in die verkoelde piering.
  10. Plaas in die vrieskas vir 'n minuut.
  11. Druk dit nou met jou vinger – as dit plooie maak moet dit nog 'n bietjie kook.
  12. Laat dit nog 2 – 3 minute kook