12 Snye wit brood

20ml (4t) mostert

120g Tussers kaas, gesny

6 snytjies ham, gesny om op broodjie te pas

6 eiers

250ml vars volroom melk

Sout en peper

Olie vir braai

  1. Smeer 6 van die snytjies brood liggies met mostert net op die een kant.
  2. Sit 1 stukkie ham en 2 stukkies kaas bo op.
  3. Sit die stukkie droë brood bo-op.
  4. Klits die eiers en melk saam.
  5. Gooi sout en peper na smaak by.
  6. Giet die eier mengsel in ‘n groot vlak bak.
  7. Maak jou braaipan warm op medium hitte met ‘n bietjie olie in.
  8. Doop jou broodjies aan albei kante in die mengsel. Week goed.
  9. Braai die broodjies aan albei kante tot mooi goudbruin.
  10. Verwyder van die pan en sit op ‘n bakplaat.
  11. Sodra al die broodjies gebraai is, plaas die bakplaat in ‘n voorverhitte oond van 180°C en bak vir so 10 min.
  12. Bedien warm. 

Soek jou resep